skip to Main Content
Sa Fruit Journal 2021 04 N Apples In Bowl
April / May 2021

Die wenresep vir groen kleur in appels

SA Fruit Journal: April / May 2021

Gebruik hierdie kontrolelys vir sukses. Deur Wiehann Steyn

Groen appels

Hulle benodig goeie blootstelling aan lig gedurende die eerste 40 dae na vrugset. Groen pigment — chlorofil — wat in hierdie tydperk opbou sal die uiteindelike groen kleur van die skil teen oestyd bepaal.

Ontwikkeling in donker skaduwee

Vrugte wat deurlopend in donker skaduwee ontwikkel sal geneig wees tot lae chlorofilvlakke en sal witterig raak gedurende berging en rakleeftyd.

Ontwikkeling in vol sonlig

Vrugte wat daarenteen in vol sonlig ontwikkel sal hoër vlakke van geel pigmente – karotenoïede – hê, en mag ook minder chlorofil bevat. Sulke vrugte mag gelerig raak gedurende berging en rakleeftyd. Granny Smith-appels in vol son kan sonbrand ontwikkel, sowel as onooglike rooi blos of verbleikte wit kolle.

Die groenste vrugte aan ’n boom teen oestyd

Dis dié wat aanvanklik in sterk sonlig ontwikkel en dan later gedeeltelik beskadu word. Duidelik is hierdie ’n goeie resep vir groen kleur en gelukkig kan soortgelyke toestande geskep word met die gebruik van oorhoofse en gedrapeerde skadunette.

Read More
Back To Top