Skip to content
Safj June July 2026 Featured Dekgewasse
June / July 2026

Dekgewasse in wingerde

SA Fruit Journal: June / July 2026

Kenners deel praktiese wenke vir beter resultate. Deur Anna Mouton

Dekgewasse bied heelwat voordele: onkruid- en aalwurmonderdrukking, beter waterinfiltrasie en -houvermoë, minder waterafloop en verdampingverliese, en hoër stikstofvlakke.

Vir produsente wat ‘n langtermynbelegging in hulle grondvrugbaarheid en wingerdgesondheid wil maak, lewer dekgewasse dus uitstekende dividende solank ‘n paar basiese beginsels in gedagte gehou word.

Watter dekgewasse om te saai

Daar is deesdae ‘n wye reeks dekgewaskultivars vir verskillende doelwitte en omgewingstoestande beskikbaar. Produsente wat beplan om vir die eerste keer dekgewasse te vestig kan baat deur met kundiges sowel as ander produsente te gesels.

“Gaan klop aan by jou buurman, of selfs ‘n rotasie-, wyndruif- of appelboer,” sê Liaan Janse van Vuuren, hooflandboukundige by Aerobotics. “Ons hoef nie almal dieselfde foute te maak nie – ons kan inligting met mekaar deel.”

Die doelwit en die grondtipe gaan die keuse van dekgewas beïnvloed. Plant byvoorbeeld hawer of wieke om die waterhouvermoë van ‘n sandgrond te verbeter maar plant voerrape om die deurlaatbaarheid van swaarder gronde te bevorder.

Back To Top