skip to Main Content
Sa Fruit Journal Aug Sept 2021 Graph Cold Model
August / September 2021

Die fundamentele gebreke van koue-modelle – Waarom hulle struikel in Suid-Afrika

SA Fruit Journal: August / September 2021

Koue-modelle moet betroubaar wees – daar is gevolge wanneer hulle verkeerd is. Deur Anna Mouton

Produsente in areas met matige winters maak op koue-modelle staat om rusbreekbehandelings te bestuur. Onjuiste bepalings van koue kan lei tot onvoldoende óf oormatige toepassing van rusbreekmiddels. Koue-skattings is ook ’n oorweging in die keuse van kultivars vir die vestiging van nuwe boorde. Die plant van ’n ongepaste kultivar is een van die duurder foute wat ’n produsent kan maak.

Die uitdaging vir Suid-Afrikaanse produsente is dat koue-modelle nie so goed werk in ons klimaat nie. Plaaslike produsente maak meestal staat op die Utahkoueeenheid-model, óf op die daagliksepositiewe Utah-koue-model, beter bekend as die Infruitec-model, wat ’n aanpassing is van die oorspronklike Utah-model. Maar ons boorde is nie in Utah nie. Hoe beïnvloed dit die akkuraatheid van die modelle? Dr Nigel Cook, plantfisioloog en hortologiese konsultant, verduidelik.

Read More
Back To Top