Implementering van bergingstoestande
Stel koelkamertemperatuur op 0°C na die eerste week. Vrugtemperatuur moet egter nie onder 0°C val nie.
Hou CO2-vlakke so laag as moontlik – verkieslik onder 0.5%. En hou die koelkamer- deure oop indien moontlik. Andersins kan gebluste kalk of CO2-skroppers gebruik word.
Beheerde-atmosfeer berging
Maak die deure toe en implementeer die beheerde atmosfeer na 14 – 28 dae.
Hou CO2-vlakke so laag as moontlik – verkieslik onder 0.5%. Bedryfsriglyne beveel vlakke onder 1% aan.
Die eerste weke in beheerde-atmosfeer berging is die mees kritieke tydperk vir die voorkoming van interne verbruining. Dit is dus noodsaaklik om CO2-vlakke aanvanklik te beheer, selfs al kan baie lae CO2-vlakke nie vir die hele bergingstydperk gehandhaaf word nie.
Suurstofvlakke mag ook belangrik wees. Bedryfsriglyne beveel vlakke van 1.5% O2 aan, maar meer navorsing hieroor is nodig.
Na 30 dae kan die temperatuur na -0.5 of -0.7C verlaag word.
Verpakking
Gebruik geperforeerde sakke om die opbou van CO2 te voorkom. Sakke kan om die binnekarton gevou word soos vir Taiwan.
Herverkoeling
Lewer lug teen 0°C tydens herverkoeling.
Verskeping
Hou lugopeninge 15% oop om die opbou van CO2 te voorkom.
Verskeep teen 0°C – gebruik PPECB verskepingskode DO, en nie D-1.5 nie. Moet nooit vrugte tydens verskeping blootstel aan temperature onder 0°C nie.