Vroeg in Maart vanjaar het ‘n windstorm Grabouw en omgewing bykans 24 uur laat steier. Met winde wat plek-plek tot 90 km/uur gehaal het, was swaargelaaide vrugteboorde kwesbaar. Deur Elise-Marie Steenkamp.
Daar was dramatiese foto’s in die media van die hewige windstorm in Grabouw, met honderde appels en pere op die grond. Gelukkig dui aanvanklike berekeninge dat net ‘n paar plase en boorde erg deurgeloop het. Oor die hele streek gesien, was die skade minimaal. Tog is die relatief beperkte skade min troos vir die enkele produsente wat wel skade gehad het. Dit is veral hartseer indien vrugte net voor oestyd deur die weer verrinneweer word.
Dekker Esterhuyse van Applethwaite (Capespan Farms) net buite Grabouw het die dag na die windstorm ‘n dramaties.verskillende prentjie gesien by boorde wat onder nette was, teenoor oop boorde. Sy “boere-berekening” het daarop gedui dat hulle gemiddeld 1% – 2% vrugte onder nette verloor het, teenoor gemiddeld 8% in oop boorde.
By Esterhuyse is daar geen twyfel nie, as jy in Grabouw-omgewing appels en pere wil verbou, is nette noodsaaklik. Esterhuyse het ses jaar gelede by Capespan aangesluit, en het gou besef dis baie moeiliker om in dié streek appels en pere te verbou as in die Witzenberg, as gevolg van die windfaktor.
“Die weersomstandighede hier is baie meer uitdagend as by Ceres. Hier kry jy alles: hael, wind, ysreën en sonbrand. Ons strategie was om meer klas 1 vrugte in die mark te kry. Om kwaliteit en nie kwantiteit nie, te produseer.” Daarbenewens wou Esterhuyse vasstel hoe mens kwaliteit vrugte vinniger kan produseer, bome vinniger in produksie kry en beter uitpakke kan verseker.
Applethwaite se hoepelnette wat tot dusver baie suksesvol is
Hy het begin met drapeernette (drape nets) omdat produksie-insetkoste relatief laag is onder die tipe net. “Dit is bekostigbaar en relatief maklik om op te sit en af te haal, en as jy gelukkig is kan jy so sewe jaar uit hulle kry. Ongelukkig is die lewensduur beperk.”
Tans het hulle altesaam 50 hektaar onder drapeernette. In een Granny Smith- boord het Esterhuyse gesien hoe uitpakke van 48% na 68% opgespring het nadat nette opgesit is. Esterhuyse verkies egter ‘n vaste-netkonstruksie en glo dit is die pad vorentoe. “Ek twyfel nie. Vir hierdie streek is nette amper noodsaaklik. Ons kry net te veel wind. ‘n Goeie vaste konstruksie kan jou maklik 15 jaar gee. En binne ‘n kort tydjie gaan jy letterlik die vrugte pluk.”
Tans bestuur Esterhuyse 230 hektaar, waarvan 77 hektaar onder nette is. Nette bied dus batebeskerming en risikobestuur.
Esterhuyse vertel van ‘n jong boord wat hy gedink het hy gaan verloor. “Ek het al amper moed opgegee, want die boord staan letterlik in die bek van die wind. Met elke sterk wind het ons die groeipuntjies van die bome verloor. Ons het ‘n vaste.struktuurnet opgesit en binne ‘n jaar het die bome herstel en die boord het handomkeer verander.”
Boerdery is ‘n senutergende besigheid en vrugteverbouing uitdagend, meen Esterhuyse. “Die insetkoste om met appels en pere te begin boer is hoog. Nou sit jy nog nette op wat ‘n aardige bedraggie kos.” Esterhuyse meen egter dat om in die toekoms sukses te behaal, nette ononderhandelbaar is. “Kyk, dit hang natuurlik van jou streek en jou plaas af, maar hier by Grabouw sou ek sê Grannies en Goldens, en jou hoë-inkomste kultivars, moet definitief nette kry. So ook boorde wat so geleë is dat hulle klimaatsgewys swaar trek.”
Foto’s 1 en 4: Windskade net voor oestyd het honderde appels en pere van bome afgewaai Foto 2: Dekker Esterhuyse van Applethwaite net buite Grabouw Foto 3: Drapeernette is effektief teen wind.
Pad vorentoe
Kyk mens na ‘n appel- en ‘n peerboom, dan het jy gemiddeld ‘n 30-jaar belegging, meen Esterhuyse. “Langer as dit, is jy gelukkig. Mens moet vorentoe dink hoe jy vinniger in vol produksie kan kom.”
Hy glo in innovasie. Hy het sowat 18 maande gelede 0.7 hektaar Granny Smith (onderstam 109 mm; plantafstand 3.5 meter X 1. 25 meter; geplant September 2019) onder hoepelnette aangeplant. “Hoepelnette is ontsettend duur, maar gee uitstekende lugsirkulasie en UV-beskerming. Ons het besluit om eksperimenteel te kyk hoe dit hier sou vaar.”
Die hoepelnette het sy stoutste verwagtinge oortref. “Ek het in die tweede blad reeds meer as vyf ton afgehaal. My projeksiemodelle wys dat, as alles goed gaan, ons teen 2022 reeds 45 ton gaan kry en teen jaar vyf in volle produksie gaan wees met ‘n geskatte 90 na 100 ton oes. Ons gaan dus ons doelwit behaal om kwaliteit vrugte vinniger te produseer.”
Wat netkleur betref is hulle ook besig om die koring van die kaf te skei. Tans glo Esterhuyse in swart/donker nette vir groen appels en wit/ligter nette vir blosvariëteite. “Ons het een boord gedeeltelik onder wit en gedeeltelik onder kristalblou nette gesit, dit is nog te vroeg om werklik te sê watter kleur is beter.”
Ten slotte meen Esterhuyse dat elke streek en elke stuk grond sy eie unieke struktuur nette nodig het. “Ek glo jy koop die beste konstruksie wat jy kan bekostig. Wanneer mens nette praat is goedkoop koop, duur koop.”
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
Cookie
Duration
Description
cookielawinfo-checkbox-analytics
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional
11 months
The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy
11 months
The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.