Wat moet steenvrugprodusente omtrent hierdie indringer weet?
Deur Anna Mouton
Die suzuki-asynvlieg (Drosophila suzukii) is onlangs vir die eerste keer in SA gevind.
Hierdie asynvlieg is inheems aan Asië maar het reeds na verskeie lande regoor die wêreld versprei en is al in groot dele van Noord-Amerika en Europa gerapporteer. Dr. Minette Karsten, gewasbeskermings- programbestuurder by Hortgro Science, het by die Hortgro Steenvrugvelddag die belang- rikste feite oor hierdie insek gedeel.
Wat is die gevaar?
Drosophila suzukii is ’n ernstige pes omdat die wyfies hulle eiers in onbeskadigde vrugte wat begin ryp word kan lê.
Ander asynvlieë sal slegs eiers lê in vrugte wat reeds beskadig is. Suzuki-asynvlieg is dus meer soos die Mediterreense vrugtevlieg (Ceratitis capitata) as dit by vrugskade kom. Daarby het suzuki-asynvlieg ’n ellelange gasheerlys wat meeste steenvrugte en bes-sies, sowel as verskeie ander kommersiële en wilde vrugsoorte insluit.
Dié vlieg ver-oorsaak byvoorbeeld erge skade op bloubes-sies en kersies in die noordelike halfrond. “Suzuki-asynvlieg is as deel van ’n Hortgro-moniteringsprogram vir die eerste keer in Suid-Afrika gevind,” het Karsten gesê. Die lokmiddel is deur Insect Science verskaf.
“Daarna het ons ’n bedryfswye moniterings- program in al ons grootste produksieareas geloods, in samewerking met van die ander geaffekteerde bedrywe, insluitende bloubes- sies, en tafel- en wyndruiwe,” het sy bygevoeg. Teen einde Oktober 2024 was die vlieg al in meeste dele van die Wes-Kaap waar daar gemoniteer is, gevang.
“Ons het reeds lokvalle uitgerol na meeste van die areas waar ons nog nie gemoniteer of die vlieg gevang het nie, en die monitering word deur FruitFly Africa gedoen,” het Karsten gesê.
Drosophila suzukii-volwassenes kan met behulp van geel McPhail- of tuisgemaakte lokvalle gevang word.
Tuisgemaakte lokvalle is basies plastiekheuningpotte met gaatjies om die rand en appelasyn binne-in. Appelasyn of kommersiële lokmiddels kan in McPhail-lokvalle gebruik word. Volwasse Drosophila suzukii is 2–3 mm lank, dus kleiner as volwasse Mediterreense vrugtevlieë, wat 3.5–5 mm lank is. Manlike suzuki-asynvlieë ontwikkel kenmerkende swart kolle op hulle vlerke binne ’n paar ure nadat hulle uit hul papies verskyn.
Wyfies het nie die kolle nie. Manlike suzuki-asynvlieë het ook twee rye swart haartjies op hulle voorbene. Wyfies, daarenteen, het ’n saagvormige eierboor wat hulle in staat stel om ’n snit in ’n onbeskadigde vrug te maak en hulle eiers daarin te lê (Figuur 1). Suzuki-asynvlieg se vinnige voortplanting by relatiewe lae temperature verhoog die waarskynlikheid van bevolkingsontploffings.
Entomoloog dr. Gulu Bekker het vrugte met eiers geïnfesteer en by 20–22 °C gehou. Volwasse vlieë het binne 16 dae verskyn. “Teen die tyd wat jy ’n vlieg in ’n lokval vang, gaan jy waarskynlik reeds baie vrugskade hê,” het Karsten gewaarsku. “Vrugskadebepalings gaan dus kritiek wees, omdat die vlieë so vinnig voortplant.” Vrugskadebepalings word met die flotasiemetode gedoen.
Rypwordende vrugte word vanaf bome in die boord versamel – nie van die grond af nie – en platgedruk of opgesny. Die stukkies word in ’n 18% suikeroplossing of ’n 8% soutoplossing geplaas. Na ongeveer ’n uur word die oplossing deur ’n sif gegooi om die larwes te versamel.
Dit is onmoontlik om die onvolwasse stadiums van verskillende asynvlieë uitmekaar te ken, maar onvolwasse stadiums in andersins onbeskadigde vrugte is waarskynlik Drosophila suzukii, omdat ander asynvlieë nie hulle eiers in onbeskadigde vrugte kan lê nie. Die verskillende asynvlieglewenstadiums word met dié van Mediterreense vrugtevlieg in Figuur 2 vergelyk.
Figuur 1: Kenmerkende eienskappe van manlike en vroulike suzuki-asynvlieëFiguur 2:’n Vergelyking tussen die kenmerkende eienskappe van onvolwasse suzuki-asynvlieë en Mediterreense vrugtevlieë
Beheermaatreëls
“Daar is ’n paar bestuurstrategieë wat ons weet in ander wêrelddele werk,” het Karsten gesê. “Die eerstes, wat geld vir alle vrugtevlieë, is monitering, boordsanitasie en bestuur van alternatiewe gashere.
” Vrugtevlieë en asynvlieë sal aanhou ontwikkel in vrugte wat sleg word of afval. Sulke vrugte dien as ’n bron van volwasse vrugte- en asynvlieë. Vrugte op plante buite boorde kan ook ’n teelaarde vir vrugtevlieë wees. Karsten is veral besorg oor braambosse as moontlike alternatiewe gashere. Wat chemiese beheer betref, is daar reeds ’n klompie noodregistrasies vir produkte teen suzuki-asynvlieg in SA.
“Ons sien wel baie lang onthoudingstydperke vir alles wat reeds noodregistrasies ontvang het,” het Karsten gesê. “Ons gaan waarskynlik groot uitdagings hê ten opsigte van onthoudingstydperke vir baie van die produkte gegewe die vinnige lewensiklus van die vlieg.” Karsten het ook die risiko van weerstand uitgelig.
Daar is reeds wetenskaplike publikasies oor die ontwikkeling van weerstand teen middels wat in ander wêrelddele gespuit word. “Ons moet in gedagte hou dat ons verantwoordelik met chemie moet werk,” het Karsten gesê, “want daar is op hierdie stadium slegs ’n paar produkte wat registrasies het.”
Sy het beklemtoon dat monitering voor toediening van chemie noodsaaklik is, en dat produsente onthoudingstydperke as deel van ’n geïntegreerde plaagbestuurstrategie in gedagte moet hou. Lok-en-dood kan ook effektief wees, maar lokmiddels vir Mediterreense vrugtevlieg is nie vir Drosophila suzukii aantreklik nie.
’n Geregistreerde lok-en-dood produk vir suzuki-asynvlieg is wel onlangs geregistreer vir kommersiële gebruik. Appelasyn werk ook as ’n lokmiddel vir grootskaalse vangste.
Navorsingsprojekte
Suzuki-asynvlieg mag moontlik nie marktoegangimplikasies hê nie, aangesien dié indringer reeds in meeste van ons uitvoermarkte voorkom.
“Die verspreiding in baie van daardie lande is egter beperk,” sê Karsten, “so markte kan nog steeds vir voor- en naoesmitigasie vra.”
Gelukkig is onvolwasse Drosophila suzukii baie koue-sensitief en behoort nie die hui- dige koue-sterilisasie protokolle en standaard verskepingstemperature en -tye te oorleef nie. Die ontwikkeling van naoesbehandelings van steenvrugte en kersies, insluitende vir lugvrag, word wel in ’n nuwe Hortgro- befondsde projek ondersoek. Twee ander projekte wat vir 2024/5 goedgekeur is, fokus op voor-oes-aspekte.
Die werk word gesamentlik deur Hortgro, South Africa Wine, BerriesZA en SATI befonds. Die eerste projek gaan oor risikobestuur en mik om die effek van temperatuur, seisoen, produksie-area, en alternatiewe gashere op vliegbevolkings te verstaan. Kultivarverskille in vatbaarheid sal ook ondersoek word.
Die tweede projek handel oor die ontwikkeling van geïntegreerde plaagbestuurmaatreëls, insluitende grootskaalse vangste, spat en biologiese beheer. Vir diegene wat meer inligting soek, raadpleeg die Maart 2025 uitgawe van Fresh Quarterly, Hortgro Science se teg-niese tydskrif, wat gratis vanaf 1 Maart 2025 by www.freshquarterly.co.za beskikbaar sal wees.
The main goal of SATI’s Research and Technical Transfer Programme is to generate credible, impactful knowledge by funding relevant and targeted projects that align with industry needs and opportunities.
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
Cookie
Duration
Description
cookielawinfo-checkbox-analytics
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional
11 months
The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy
11 months
The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.