Matthew Addison, programbestuurder vir oesbeskerming by Hortgro Science, vertel meer oor sy langtermyndekgewasproewe in boorde. Deur Anna Mouton
Mense beskryf dikwels ‘n skoon vloer as een waarvan af jy kan eet, maar ‘n skoon boordvloer honger grondorganismes uit. Dekgewasse kan organismes bo en onder die grond voed, en sodoende diversiteit bevorder, sowel as baie van dieselfde voordele bied as deklae. Addison se proewe fokus op die interaksie tussen verskillende komponente van die ekosisteem in boorde.
“Aanvanklik was die motivering vir diverse dekgewasse die biologiese beheer van myte in boorde,” sê Addison. Dit het geblyk dat ondersteuning van natuurlike roofdiertjies die sleutel is tot beheer van peste soos rooispinnekopmyt. Kos en skuiling vir hierdie roofdiertjies word verskaf deur breëblarige plante wat deel vorm van diverse dekgewasse in die werksry. Roofdiertjies kan ook jag en wegkruip in deklae en plantstrooisels.
Nadat die idee van diverse dekgewasse begin posvat het, het produsente besef dat daar ander voordele ook is, volgens Addison. Hy het betrokke geraak in ‘n studie van dekgewasbewerking in organiese steenvrugboorde in die Wes-Kaap. Die navorsingspan is gelei deur Klaus Birkhofer van die Brandenburg Universiteit van Tegnologie in Duitsland. Hulle het gevind dat ekosisteme in organiese boorde beduidend verskil van ekosisteme in konvensionele boorde, maar dit was nie duidelik watter praktyke die beste resultate lewer nie.
Meer navorsing was nodig. “My vrae was of diverse dekgewasse produktief is, en of hulle werklike voordelige ekosisteemdienste in boorde verrig,” sê Addison. Hy het saamgespan met landbougroep ZZ2 om verskillende dekgewasse te toets, en om maniere te vind om hulle prestasie te meet.
ZZ2 is leiers in die implementering van praktyke om grondgesondheid te verbeter, en Addison kon die kundigheid van Hendrik Pohl, produksiebestuurder op Bokveldskloof, tap. Die dekgewasproewe is op twee ZZ2-persele in Ceres uitgevoer – ‘n Cape Rose-boord in die Warm Bokkeveld, en ‘n Bigbucks-boord in die Koue Bokkeveld.
Die dekgewasproewe is vir die eerste keer op die Warm Bokkeveld-perseel gesaai in 2017, en op die Koue Bokkeveld-perseel in 2018. Die plante is weer gesaai in 2020 met behulp van ‘n saaimasjien. Vier behandelings – sien Tabel 1 – is op elke perseel gevestig. Die kontrole het geen dekgewasse in die werksry gehad nie.
“Ons gaan van eenvoudig na kompleks in vier stappe in die werksry,” verduidelik Addison. “In die boomry het ons vir alle praktiese doeleindes dekgewasse onder die bome geplant in twee van die behandelings.” Elke behandeling beslaan vier boordrye van 120 meter.
Tot dusver is die prestasie van al die behandelings bevredigend, alhoewel almal kompetisie van onkruide ervaar.
Ekosisteme in organiese boorde beduidend verskil van ekosisteme in konvensionele boorde.
Onkruidonderdrukking is ‘n potensiële voordeel van dekgewasse, maar dit realiseer slegs indien die dekgewasse sterker groei as die onkruide.
Droëmassaproduksie van die verskillende groepe dekgewasplante is aan die einde van 2018 gemeet. Die Koue Bokkeveld-perseel het aansienlik meer droë materiaal gelewer as die Warm Bokkeveld-perseel. Oor die algemeen, hoe meer divers die dekgewas, hoe meer droë materiaal het dit produseer. Sedert 2018 is die dekgewasse jaarliks platgerol in beide die werksrye en die boomrye, sodat die biomassa in die grond opgeneem kan word.
Een mikpunt van die proewe is om ‘n manier te vind om die groei en produksie van dekgewasse te meet sonder om hulle te vernietig. Addison en Ansuli Theron, die meesterstudent op die projek, het elke maand digitale foto’s geneem en geëvalueer om die hoogte en volume van die plante te bepaal.
Daarby het hulle grondmonsters versamel vir fisiese, chemiese en biologiese ontledings; nematode-analises, insluitende ‘n diversiteitsindeks; swamdiversiteitsindekse; en bepalings van grondfauna en plantreste-afbraak. Voorlopige resultate wys ‘n neiging na verhoogde grondkoolstofvlakke en aggregaatstabiliteit vanaf 2018 tot 2019 in die dekgewasbehandelings. Mikrobiese aktiwiteit, gemeet as grondrespirasie-tempo, het ook vermeerder.
Die status van die verskillende dekgewasspesies as gashere vir plantvretende nematodes is deur Dr Rinus Knoetze van die Nematologie Laboratorium by die LNR ondersoek. Hy het gevind dat meeste van die dekgewasse swak gashere is, behalwe vir bokwiet, wat ‘n baie goeie gasheer is.
Vergelykings tussen die voedselkettings in die grond by die Koue Bokkeveld-perseel het gewys dat hulle meer kompleks geraak het, met meer spesies en interaksies, vanaf 2018 tot 2019. Dit het gegeld vir die behandelings en die kontrole, en weerspieël die herstel van die stelsel sedert die grond bewerk is voordat bome in 2017 geplant is.
Oor die algemeen blyk die voedselkettings in die dekgewasbehandelings meer stabiel en kompleks te wees as dié in die kontroles.
Daarby was bakteriese en swamdiversiteit hoër, en die collembola meer, in behandelings met ‘n groter diversiteit as in behandelings met ‘n kleiner diversiteit van plante.
“Dit neem tyd vir die stelsel om te stabiliseer en divers te raak, en daar is sterk skakels tussen dit wat onder die boom gebeur, en dit wat in die werksry gebeur,” sê Addison.
Vir meer oor hierdie dekgewasproewe, besoek die Hortgro YouTube-kanaal en soek vir die Cover-crop Trials-speellys, of maak gebruik van die QR-kode.
Kleinskaalse dekgewasproewe
Addison en Theron het verskeie addisionele dekgewaskandidate in kleinskaalse proewe in boorde in die Warm en Koue Bokkeveld uitprobeer. Tef, witmosterd, ertjies, lusern, aarbeiklawer, karmosynklawer, en serradella is getoets. Elkeen is in drie vakkies van 3 x 2 meter in die werksry gesaai.
Die dekgewasse is in Mei 2018 vir die eerste maal gesaai. Tef en serradella het nie ontkiem nie. Lusern, aarbeiklawer en karmosynklawer het gevestig en relatief goed gegroei op die Koue Bokkeveld-perseel. Witmosterd en ertjies het die winter oorleef op die Warm Bokkeveld-perseel. Oor die algemeen was ontkieming en saailinggroei teleurstellend op die Warm Bokkeveld-perseel, waarskynlik as gevolg van swak dreinering op swaar kleigronde.
“Diverse gronde meer volhoubaar en produktief as gronde met lae diversiteit.”
‘n Soortgelyke eksperimentele ontwerp is gebruik om verskeie plante wat as blomdekgewasse kan dien te toets. Blomdekgewasse is voordelig omdat hulle bestuiwers en roofdiertjies lok. Bloublommetjies, vygies, kamille, koljander, dille, tiemie, oreganum en heuningblom is in Mei 2018 gesaai. Tiemie en oreganum het nie ontkiem nie en al die plante het swak gevaar op die Warm Bokkeveld-perseel.
Die blomdekgewasse het beter geaard op die Koue Bokkeveld-perseel. Kamille en heuningblom het sterk geblom, en toe die vakkies weer in 2019 nagegaan is, was heuningblom steeds teenwoordig. Beide kamille en heuningblom groei laag, en is dus geskik om onder bome te plant.
Oor die algemeen was die vestiging van dekgewasse op die Warm Bokkeveld-perseel ‘n uitdaging as gevolg van swaar kleigronde en strawwe onkruidkompetisie. Dit beklemtoon net weer die reuse uitwerking van verskillende omgewingstoestande op dekgewasse, en hoe belangrik dit is dat produsente self eksperimenteer om die beste oplossings vir hulle eie boorde te vind.
Addison glo dat die aanvraag na meer volhoubare en volhardende voedselproduksie sal aanhou toeneem, en dat dekgewasse sentraal sal wees tot Suid-Afrikaanse produsente se pogings om hieraan te voldoen.
“Ek is oortuig dat ons markte gaan begin onderskeid tref op grond van hoe ons voedsel produseer,” sê Addison. “En as jy kyk na die basiese ekologiese navorsing, dan is diverse gronde meer volhoubaar en produktief as gronde met lae diversiteit.”
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
Cookie
Duration
Description
cookielawinfo-checkbox-analytics
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional
11 months
The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy
11 months
The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.