Prof. Adéle McLeod van die Departement Plantpatologie by Universiteit Stellenbosch verduidelik die oorsake en risikofaktore. Deur Anna Mouton
Appelherplantsiekte benadeel produsente wêreldwyd in al die streke waar appels verbou word. Bome ontwikkel herplantsiekte wanneer hulle wortels beskadig word deur die bevolking grondorganismes wat opgebou het tydens die leeftyd van die vorige bome wat op dieselfde plek gegroei het.
“Hierdie skadelike grondorganismes vreet die voedingswortels van die jong appelboompies,” verduidelik McLeod. In SA affekteer herplantsiekte appels, maar nie pere nie.
Herplantsiekte kan ook in steenvrugte voorkom – Prunus-herplantsiekte is byvoorbeeld van ekonomiese belang in steenvrugte en amandels in Kalifornië. Daar is tans geen navorsingsprojekte oor herplantsiekte in steenvrugte in SA nie.
Appelherplantsiekte kan beskryf word as ‘n kindersiekte. “Wanneer bome ouer raak, hier van hulle derde jaar af, begin hierdie organismes natuurlik in die grond en op die wortels vermeerder, maar die bome is nie meer vatbaar vir hulle nie,” sê McLeod. “So die ouer bome is gelukkig. Maar die probleem kom dan as jy daai bome uithaal, want jong appelboompies is vatbaar vir hierdie klomp organismes.”
McLeod beklemtoon dat produsente hulle bome vir die eerste twee jaar moet beskerm. “As jy nie herplantsiekte binne die eerste twee jaar beheer nie, dan is dit ‘n verlore saak – dan haal jy nooit die ekonomiese verliese as gevolg van verlore opbrengste in nie.”
Die algemeenste teken van herplantsiekte is dat bome nie floreer nie. Die siekte verpot die bome sonder dat hulle vrek. Produsente mag dalk nie bewus wees van ‘n herplantprobleem nie, sê McLeod, omdat die simptome onopsigtelik kan wees, en omdat die produsent nie bome met en sonder herplantsiekte langs mekaar sien en kan vergelyk nie.
Onsigbare vyande
Wat is hierdie grondorganismes wat soveel moeilikheid maak? “Daar is swamme, en swamagtige organismes wat bekend staan as oomisiete, en nematodes,” sê McLeod, “maar nie bakterieë nie.”
Swamme is oral in grond waar hulle meestal ‘n waardevolle bydra lewer deur organiese materiaal soos byvoorbeeld plantreste af te breek. Sommige swamme wat in assosiasie met wortels groei, is voordelig vir die plant. Andere rig weer skade aan.
“As jy nie herplantsiekte binne die eerste twee jaar beheer nie, dan is dit ‘n verlore saak.”
Verskeie spesies van Cylindrocarpon-agtige swamme is betrokke by appel-herplantsiekte in SA, maar navorsing dui daarop dat hulle minder belangrik is hier as in sommige ander wêrelddele. Swamme in die genus Rhizoctonia veroorsaak ook ernstige herplantsiekte oorsee, maar is plaaslik nie soveel van ‘n probleem nie.
Oomisiete lyk baie na swamme – beide toon draadvormige groei en maak spore – maar die twee groepe is omtrent so na verwant aan mekaar as mense en plante. Oomisiete sluit Phytophthora infestans in, wat moontlik die mees berugte plantpatogeen in die geskiedenis geword het deur die Ierse aartappelnood te veroorsaak waarin ongeveer een miljoen mense tussen 1845 – 1852 gesterf het.
‘n Enkele spesies van Phytophthora – P. cactorum – en spesies van twee ander oomisietgenera, by name Pythium en Phytopythium, word aan appelherplantsiekte in SA gekoppel. ‘n Opname het gevind dat hierdie organismes dikwels in Suid-Afrikaanse appelboorde voorkom, en die navorsers spekuleer dat ons matige, nat winters dalk die oomisiete mag bevoordeel.
Nematodes – aalwurms – is die ander grondbewoners wat herplantsiekte veroorsaak. Grondnematodes is gewoonlik minder as ‘n millimeter lank en wurmagtig. Soos swamme is meeste nematodes voordelig en dra by tot grondgesondheid. Maar ‘n paar boosdoeners is ‘n ernstige bedreiging vir plante.
In SA veroorsaak letselaalwurms in die genus Pratylenchus appelherplantsiekte, maar hulle blyk minder algemeen hier te wees as in ander appelproduserende dele van die wêreld.
Risikofaktore vir herplantsiekte
Die grootste risikofaktor vir appelherplantsiekte is om appelboompies weer te plant waar appels voorheen gegroei het. Nietemin, sê McLeod, risiko is nie dieselfde as sekerheid nie. “Nie alle gronde het herplant nie, en die graad van herplant – hoe ernstig die bome verpot is – verskil ook tussen gronde.”
McLeod het gekyk na die effek van grondeienskappe soos die verhouding van koolstof tot stikstof op die voorkoms van herplantsiekte, en geen korrelasies gevind nie. “Ons verstaan nie hoekom is die een grond ‘n probleem en die ander grond nie. Omdat ons nie ‘n manier het om dit te voorspel nie, beveel ons aan dat produsente berook.”
“Nie alle gronde het herplant nie, en die graad van herplant verskil ook tussen gronde.”
Grondberoking is die standaard metode om herplantsiekte te beheer. Die idee is om alle moontlike siekteveroorsakende organismes dood te maak voordat vatbare jong appelboompies ingebring word. Beroking werk nie altyd nie, moontlik omdat die jong boompies soms reeds in die kwekery besmet word. ‘n Opname van vyf Suid-Afrikaanse appelkwekerye het Cylindrocarpon-agtige swamme, oomisiete in die genus Pythium, en letselaalwurms in boomwortels gevind.
Oomisiete wat appelherplantsiekte veroorsaak is ook al in besproeiingswater ontdek, in beide Elgin en die Koue Bokkeveld. Verdere ondersoek is nodig om te bepaal of mikrobes in kwekerybome en besproeiingswater uiteindelik sal lei tot herplantsiekte in die boord.
Die organismes wat appelherplantsiekte veroorsaak is natuurlik in grond aanwesig. Hulle bevolkings neem toe wanneer appelbome teenwoordig is, maar die organismes kan sonder die bome oorleef. Gevolglik kan hierdie organismes vir jare in onbewerkte grond, of grond waar ander gewasse verbou word, voortbestaan. “Ons het al in ‘n boord gewerk waar daar vir 10 jaar wisselbou met lusern gedoen is, en daar was nog steeds ernstige herplant,” sê McLeod.
Grond wat geskik is om appels te produseer sal altyd skaars wees, so appelherplantsiekte gaan ‘n uitdaging bly. Op hierdie stadium is beroking die enigste werklike opsie vir beheer. Om meer te lees oor beroking, en oor die ontwikkeling van alternatiewe beheermaatreëls, lees ons reeks artikels oor herplantsiekte in die Junie 2020 uitgawe van Fresh Quarterly.
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
Cookie
Duration
Description
cookielawinfo-checkbox-analytics
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional
11 months
The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy
11 months
The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.