skip to Main Content
Safj Apple Replanting Disease Featured
August / September 2023

Bestuur van appelherplantsiekte

SA Fruit Journal: August / September 2023

Herplantsiektebeheer berus tans op grondberoking. Kan navorsing meer opsies vir produsente ontsluit? Deur Anna Mouton

Appelherplantsiekte is 'n grondgedraagde siektekompleks wat appels wat agtereenvolgend op dieselfde persele geplant word aantas. Dit belemmer hoofsaaklik die groei van jong bome.

"Geaffekteerde bome neem langer om in produksie te kom," sê plantpatoloog prof. Adéle McLeod. "En deesdae moet produsente hulle eerste oes teen jaar drie afhaal."

McLeod bestudeer al appelherplantsiekte sedert sy bykans 20 jaar gelede by die Departement Plantpatologie aan Universiteit Stellenbosch (US) aangesluit het. Herplantsiektenavorsing in die boord verloop stadig omdat bome vir elke proef vanaf vestiging tot drag geëvalueer word.

"Ons beoordeel herplantsiekte op 'n perseel deur die groei en opbrengs van bome wat op berookte en onberookte grond geplant is te vergelyk," sê McLeod.

Volgens McLeod is beroking die standaardbeheermaatreël vir herplantsiekte. "Meeste produsente sal berook omdat hulle aanneem dat hulle herplantsiektegronde het. Herplantsiekte het só 'n groot impak op opbrengste dat die risiko té groot is om nie te berook nie."

Tesame met MSc-student Doré de Villiers het McLeod onlangs 'n Hortgro-befondsde projek voltooi waarin die uitwerking van organiese materiaal en 'n mengsel van semiselektiewe middels op herplantsiekte getoets is. Hierdie werk het gebou op vorige proewe met semiselektiewe middels.

Read More
Back To Top