skip to Main Content
Weefselkultuur Safj 2021 Feb Mar
February / March 2021

Van Weefselkultuur tot Dubbel-leiers

SA Fruit Journal: February / March 2021

We asked three nurserymen for their views on trends in tree production — and for their top tips on establishing orchards.

Weefselkultuur Safj 2021 Feb Mar
Daar is ‘n toename in die
aanvraag vir dubbelleierbome

Steenvrugkweker

Christo Stemmet is die eienaar van Stemmet Kwekery buite Montagu. Hulle kweek hoofsaaklik steenvrugbome.

V: Wat is die ideale manier om ‘n nuwe boompie te plant?

A: Jy moet voor jy plant besproeiing hê. Probeer jou grond ten minste een keer goed deurnat maak. Laat dit so bietjie afdroog en plant jou boom in klam grond. Maak hom dán en die volgende oggend goed nat, verkieslik met ‘n waterkar of ‘n pyp, dat die lug uitkom om die wortels. Los hom dan totdat dit afgedroog het en hou hom vandaar klam met druppers. Ons sit met sommige onderstamme wat baie gevoelig is vir nattigheid — daar is die kans dat jy hom sommer met die plantslag al versuip op swaar gronde.

V: Wanneer behoort bome geplant te word?

A: Ons sê, vandat die kweker die boom uit die grond uit lig, tot 7 Augustus. As dit ‘n onderstam is wat baie gevoelig is vir uitdroging, binne vier dae nadat die kweker die boom gelig het. Inlê van bome is eintlik net om die bome in die grond te stoor tydens die aanry daarvan. Die oomblik wat jy klaar ingelê het, begin jy plant. Inlê is nie ‘n vorm van die boom parkeer vir twee maande nie — maar dit raak ongelukkig ‘n tendens.

V: Wat sien jy as die potensiaal vir sakkies?

A: Ons kyk altyd na nuwe onderstamme, maar nie almal is in alle kwekerytoestande maklik om te bewortel nie. Met sekere onderstamme, as die kweker nie die tipe grond beskikbaar het om daardie spesifi eke onderstam in te kweek nie, gaan hy verplig wees om in ‘n sakkie of ‘n potjie te kweek.

‘n Ander voordeel is, jy’s elke jaar op dieselfde perseel, terwyl ‘n oopwortelkwekery konstant besig is om te soek na nuwe grond met primêre water. En die bestryding van onkruid in ‘n nethuis is eenvoudig.

V: Dink jy daar’s ‘n plek vir weefselkultuur?

A: Weefselkultuur gaan nie produksie verander nie. Dis ‘n versekerde manier hoe die kweker vir jou ‘n boom kan lewer, veral as die onderstam skaars is. Dis die vinnigste hoe jy volumes in die bedryf kan kry. Met sekere van hierdie onderstamme wat moeilik bewortel, is daar geen sekuriteit met steggies nie. Maar weefselkultuur is aansienlik duurder. Van die kwekers het nou al vir hulle persele gaan koop waar hulle die onderstam net wortel in die eerste jaar. Hy moet net worteltjies hê en ‘n bietjie bogroei. En dan verplant en okuleer hulle hom in die winter. Dit vat ‘n jaar langer, maar dit is ‘n goedkoper alternatief tot weefselkultuur. Koste is die een enkele rede hoekom ek vanjaar geen weefselkultuurplante in my kwekery het nie.

—-

Apple-tree producer

Nigel Cook has been a researcher, lecturer, consultant, nurseryman and breeder over the past three decades. He started a new commercial apple-tree nursery earlier this year. Production is entirely in containers.

Q: What do you see as the advantages of containers?

A: I think the phytosanitary status of the trees will be better. We can grow a plant that hasn’t been in the soil. Not having clean plant material can impact the productivity of a plant by more than 50%. I think there are potentially shorter turnaround times in containers. It’s defi nitely a shorter process to make the tree. The other advantages need to prove themselves; they need to be demonstrated with proper research. You can’t do a trial on the viability of potted trees when you don’t have a direct comparison with fi eld-grown trees in the same experiment.

Q: Is the phytosanitary advantage not lost when the tree is planted in the orchard?

A: There’s a lot happening in the space of soil fertility, and there’s a lot that farmers are doing to improve their soil. If the farmer has looked after his soil and it’s wellmanaged and fertile, then he’ll get more advantage from starting off with a clean tree.

Q: How could tissue culture change the industry?

A: One of the benefi ts of tissue culture is quicker change of rootstock genetics. We came from an era of universal apple and pear rootstocks. We now need rootstocks with differing robustness and vigour, or fertility. Thanks to tissue culture, we’re starting to see that these genetics are available. In the past, in both stone and pome fruit, we tried to mass produce cheap trees, so there was a unit cost concern rather than a performance concern. Everything in our industry is paid for with fruit, and if the use of tissue culture rootstocks allows an investor to get a better return then tissue culture becomes cheap.

Q: What should growers keep in mind when planting?

A: I think the biggest factor in the success of any new planting is the irrigation. In the fi rst four months post planting, that’s probably the most tricky and critical thing. Often, not quite enough attention is paid to irrigating young trees. The irrigation system in an orchard that’s just been planted is designed to give more water than the young trees need. There are no roots beyond the root ball, so the soil stays wet if you give too much water. You need the roots to explore, but that’s not going to happen, because roots don’t grow into wet soil. Roots need oxygen as much as they need water. Roots will not grow into either too-wet or too-dry soil.

Kernvrugkweker

Ferdie Ungerer is die tegniese bestuurder by Witzenberg Range Nurseries. Hulle kweek hoofsaaklik appel- en peerbome.

V: Wat is jou mening oor sakkies?

A: Sakkies het defi nitief ‘n plek in die industrie, maar ek dink nie dit gaan die norm word vir alle onderstamme nie. Die grootste voordeel van sakbome is dat die plantmedium uniform is en sodoende die grondvariasie van oopgrond-kwekerye uitskakel. Jy kan dus minder groeikragtige onderstamme met meer sukses in houers kweek indien jy nie hoë potensiaal gronde in jou kwekery het nie. ‘n Verdere voordeel is dat die produsent sy bome reeds in die herfs kan plant terwyl daar nog blare aan die boom is. Die eerste wortels loop dus vroeër in die boord uit met sakbome teenoor konvensionele oopgrondbome wat eers in die winter geoes word nadat die blare geval het. Nog ‘n dryfkrag agter sakbome is dat jy met ‘n skoon plantmedium begin en sodoende grondgedraagde siektes kan uitskakel, mits jy met ‘n skoon onderstam begin soos in die geval van weefselkultuurplantjies. Die grootste nadeel van sakbome is die koste. Verliese soos onderstam-vatpersentasie, ogie-vatpersentasie en die uiteindelike aantal verkoopbare bome dra alles by tot die verhoogde koste van sakbome. Die vervoer en opberg van sakbome bly ook ‘n uitdaging, aangesien jy slegs ‘n fraksie van die aantal bome kan vervoer en opberg in koelkamers teenoor konvensionele oopwortel-bome.

Q: En wat van weefselkultuur? Veral as ons praat van die nuwer appel-onderstamme?

A: Weefselkultuur is ‘n baie opwindende tegnologie, veral vir die vinnige vermeerdering van onderstamme wat hoog in aanvraag is. ‘n Verdere voordeel, veral met die vestiging van nuwe afl eêrblokke, is dat ‘n kweker met ‘n onderstam begin wat potensieel skoon is van enige siektes. Weefselkultuurtegnologie is ook voordelig vir onderstamkultivars wat sukkel om te wortel. Ek dink egter nie weefselkultuur gaan die bedryf oorneem nie, mits dit meer bekostigbaar raak. Dit gaan weer oor die potensiële verliese wat die aanvanklike weefselkultuuronderstamkoste byna verdubbel teen die einde van die produksie-siklus.

Q: Wanneer moet produsente hulle bome bestel?

A: Die ideaal is om met jou kweker jou volgende vyfjaar-aanplantingsplan te bespreek. Die kwekery kan dan beplan om voldoende onderstamme beskikbaar te hê. Indien jy spesifi ek weefselkultuuronderstamme wil hê, moet ons ten minste drie jaar vooruit weet om betyds by die laboratorium te bestel. Die kultivar wat jy op die onderstam geokuleer wil hê moet ten minste twee jaar vooruit bespreek word om te verseker dat daar genoeg okuleermateriaal bestel word by die plantverbeteringsorganisasies. Hierdie is veral belangrik in die geval van nuwe kultivarseleksies waarvan die materiaal aanvanklik skaars kan wees.

Q: Wat is die tendense in die bedryf?

A: Boomlengte is die grootste vereiste en tot ‘n mindere mate boomdikte — hoe langer, hoe beter! Produsente is ook geneig om boorde digter aan te plant en dus is daar ‘n neiging na minder groeikragtige onderstamme. Stadig maar seker raak dubbel-leierbome ook al hoe meer in aanvraag. Tans is die grootste uitdaging vir kwekers om die twee leiers ewe sterk te kry.

Back To Top