Skip to content
February / March 2021

Van Ogie tot Boord

SA Fruit Journal: February / March 2021

Hortgro Science slaan ag op plantmateriaal

Deur Anna Mouton

’n Behoefte is geïdentif iseer vir riglyne wat die beste praktyke rondom die hantering van kwekerybome beskryf, vandat hulle in die kwekery gelig word totdat hulle geplant word.

“Die kwaliteit van plantmateriaal is met behulp van verskeie inisiatiewe as een van die groot tekortkominge in ons bedryf geïdentifi seer,” sê Hugh Campbell, algemene bestuurder van Hortgro Science. Hy het in Oktober 2019 ’n strategie-sessie fasiliteer met die doel om van die kwessies rondom plantmateriaal aan te spreek. Die sessie is deur, onder andere, tegniese raadgewers, navorsers en verteenwoordigers van kwekerye en plantverbeteringsorganisasies bygewoon. “Ons het die verskillende aspekte van die waardeketting ondersoek,” berig Campbell. “Om suksesvol te wees, moet ons die rol van almal in die waardeketting besef, beginnende by die seleksie van ogies, regdeur tot by die plant van die bome.” Vyf prioriteite is uitgewys en planne is ontwikkel om dit aan te spreek. Ons het by Campbell gaan hoor watter vordering daar intussen plaasgevind het.

1. Enthoutparke

Die belangrikheid van enthoutkwaliteit is vanselfsprekend. Swak kwaliteit enthout dra ’n groter risiko van infeksie met siektes of van afwykende eienskappe. Die vestiging van aanplantings vir die uitsluitlike doel om enthout te verskaf – sogenaamde enthoutparke – is by die strategie-sessie uitgelig. Daar is besluit om riglyne te ontwikkel vir die beste praktyke in enthoutparke. Een uitdaging is dat klone wat afkomstig is van mutasies kan terugslaan na die oorspronklike tipe. Daar is dus reeds ’n prosedure ontwikkel vir die sny van enthout in mutasies met ’n risiko van terugslaan, byvoorbeeld sekere van die Royal Gala-klone.

2. Fitosanitêre protokolle

“Hierdie is deel van ’n proses wat binne die tegniese komitee van die Sagtevrugteplantverbeteringsvereniging plaasvind,” sê Campbell. “Daar is gedurig ’n verfyning van die prosedures en tegnologie vir toetsing. En ’n spesifi eke fokus om te verseker dat die toepaslike virusse en viroïede ingesluit word.” Volgens Campbell is daar toenemend ’n skuif na die bepaling van gesondheidstatus gegrond op laboratoriumtoetse, eerder as op visuele inspeksie. Hy beklemtoon dat die bronne van voortplantingsmateriaal getoets moet word alvorens daar enige waarborge kan wees oor die gesondheidstatus van kwekerybome.

3. Kwekery-navorsingsprogram

Hortgro Science het reeds sedert 2015 ’n werkgroep wat handel met onderstamme en die kwaliteit van kwekerybome. Die werkgroep sluit persone met toepaslike tegniese kundigheid in. Een van die funksies van die werkgroep is om die behoeftes vir plantmateriaalnavorsing te bepaal en te prioritiseer, sodat dit aan navorsers oorgedra kan word. Campbell verduidelik dat Hortgro bewus is daarvan dat dit noodsaaklik is om navorsing op plantmateriaal te ondersteun. “As ons beter boomkwaliteit in die kwekery wil hê, dan moet ons daarin belê. Ons funksie is om basiese navorsing te befonds wat kwekerye nie self gaan doen nie.”

4. Hanteringsprotokolle

“Daar is druk vanaf ons produsente om boomkwaliteit te verbeter, en vanaf die plantverbeteringsorganisasies om beter standaarde te hê,” verduidelik Campbell, “maar kwekerye is slegs deel van die ketting. As produsente nie hulle deel van die ooreenkoms nakom nie, dan gaan jy nie ’n boom hê wat presteer soos hy moet nie.” ’n Behoefte is geïdentifi seer vir riglyne wat die beste praktyke rondom die hantering van kwekerybome beskryf, vandat hulle in die kwekery gelig word totdat hulle geplant word. Hortgro Science is tans besig om die eerste stel riglyne te ontwikkel. Campbell hoop dat die daarstel van generiese hanteringsprotokolle alle rolspelers sal motiveer om verantwoordelikheid te neem vir hulle deel van die waardeketting.

5. Eksklusiwiteit van kultivars en onderstamme

Toegang tot kultivars en onderstamme word deur eienaarskap bepaal. “Van die bedryf se kant af sou ons graag alle onderstamme aan almal beskikbaar wou hê,” sê Campbell. “Ons besef dat ons geen beheer het oor ’n strategie wat alle kultivars beskikbaar sou maak aan enige kwekery nie.” Campbell noem egter dat die algemene tendens weg van groeperings en klubs is, en meer na oop kultivars toe. Die implementering van die planne wat by die ogie-tot-boord strategie-sessie ontwikkel is, gaan steeds voort. “As jy hierna kyk in die konteks van ons Boord van die Toekoms-projek, dan is een van die vereistes vir sukses dat mens begin met die regte plantmateriaal,” sê Campbell. “Wanneer jy hoë-digtheid-boorde plant, kan jy nie met ’n swak boompie begin nie, want dan gaan jy nooit jou doelwitte bereik nie.”

Successful orchards start with top-quality plant material.

This article about the Bud to Orchard initiative, as well as the one on the Deciduous Fruit Plant Improvement Scheme, originally appeared in English in the December 2020 issue of Fresh Quarterly, the Hortgro Science technical magazine. The December 2020 Fresh Quarterly dealt entirely with plant material. For more articles, including a series on nursery tree quality, visit our website at https://www.hortgros-cience.co.za/fresh-quarterly/ and download your free copy of the magazine.

RESEARCH INVENTORY

A list of research projects and publications related to plant material funded by Hortgro.

Completed projects

  • 2009. Storey S. Nematode survey in deciduous fruit tree nurseries.
  • 2014. Bezuidenhout K. A survey of Rosellinia in apple orchards and nurseries in South Africa.
  • 2017. Mostert L. Survey of stem cankers and dieback symptoms of young apple trees and possible inoculum sources.
  • 2018. De Klerk A. Control and management of lesion nematodes in apple layer beds and nurseries.
  • 2019. McLeod A. Identifi cation of inoculum sources of oomycetes, a major contributor to apple replant disease, and the management thereof.
  • 2019. Theron KI. Evaluate methods to produce and handle containerised nursery trees.
  • 2020. Mostert L. Survey of stem canker pathogens on stone fruit propagation material and young stone fruit trees.
  • Current projects

  • Blomerus L. Performance of apple trees derived from tissue culture compared to those from layer beds.
  • Mostert L. Evaluation of pruning wound protectants on nursery apple trees.
  • Back To Top