Skip to content
Hortgro Pic 18
February / March 2024

’n Daaglikse besluit

SA Fruit Journal: February / March 2024

Twee grondkundiges deel hulle insigte met betrekking tot besproeiingskedulering en -stelsels. Deur Anna Mouton

“Besproeiing is krities maar moeilik om te optimaliseer,” sê Karen van der Westhuizen van Agrimotion. “Vir voeding neem jy blaar- en grondmonsters, en maak ’n paar aanpassings gedurende die seisoen, maar besproeiing is ’n daaglikse besluit wat afhang van die weer, die gewas, en grondvariasies.”
Volgens Louis Reynolds van Fruitful Crop Advice is ’n groter fokus op besproeiing een positiewe resultaat van die 2015 – 2017 droogte. “Dit klink miskien sleg om so te sê, maar ’n droogte kan ’n goeie ding wees om ons te leer om meer effektief met ons water te wees. Hopelik sal mense aanhou om water te spaar en nie teruggaan na hulle ou metodes na ’n nat jaar soos hierdie nie.”
Hoe behoort produsente dus hulle besproeiing te benader? Skedulering en stelsels is belangrik, maar die kundiges waarsku om nie van die basiese praktyke te vergeet nie.

Read More
Back To Top