Van links na regs. Agter: Charl Stander, Sheila Storey, prof. emer. Karen
Theron, Wilhelm Naudé, Hendrik Pohl, Bennie Diedericks. Voor: Pierre
Rossouw, dr. Minette Karsten, prof. Wiehann Steyn, Hannes Laubscher.
Meer as 140 deelnemers het by Oudewagendrift (Uitzicht) Boerdery in die Overhex bymekaar gekom vir die gewildste steenvrugvelddag ooit.
Deur Anna Mouton
Die steenvrugvelddag is vir die eerste keer in die groeiseisoen gehou sodat daar op somerloofbestuur en grondgesondheid gefokus kon word. Hierdie artikel dek van die hoogtepunte van die boordstap. Die program het ook twee voorleggings en ’n paneelbespreking ingesluit, wat in ander artikels in hierdie SA Vrugtejoernaal opgesom word.
Grondgesondheid
Deelnemers het rondom profielgate in vierdeblaar Burnect28 en Burnect34 nektarienblokke bymekaar gekom. Kompos is met vestiging in die plantgate ingemeng en daar is ’n deklaag kompos met houtspaanders bo-oor na die einde van die eerste seisoen neergelê.
Die boorde word met drupstelsels besproei maar uitstekende wortelverspreiding was onder die deklaag sigbaar.
Kompos in die plantgate is hoogs effektief om organiese materiaal direk in die grond te meng.
Na plant kan organiese materiaal slegs deur óf wortels óf grondorganismes in die grond ingebring word. Plantwortels voeg organiese materiaal direk deur worteleksudate en indirek deur ontbinding van dooie wortels by die grond. “Bome het permanente wortels asook ’n klomp nie-permanente wortels,” het prof.
Wiehann Steyn, algemene bestuurder van Hortgro Science, verduidelik. “Die fyn wortels word elke seisoen hernu, en wanneer die fyn wortels doodgaan, word dit ook organiese materiaal.” Dekgewasse bied ’n dubbele voordeel. Onder die grond verskaf hulle wortels organiese materiaal en bo die grond vorm hulle ’n natuurlike deklaag.
Oudewagendrift het ’n grasdekgewas in die werksry wat in die somer terugsterf om ’n organiese laag op die grond te skep wat grondmikrobes teen sonlig, uiterste temperature en uitdroging beskerm.
Hannes Laubscher gesels oor snoeipraktyke vir nektariens
Deklae en dekgewasse
Hendrik Pohl, konsultant by Holistic Horticulture, het die voordele en nadele van verskillende deklae bespreek.
Kaf en hooi breek maklik af en kan dus ’n vinnige koolstofinspuiting aan grondorganismes lewer. Hy het egter gewaarsku dat produsente nie verbaas moet wees as die florerende grondlewe die deklaagmateriaal mettertyd ál gouer opgebruik nie. Kompostoedienings inokuleer die grond met groot getalle mikroörganismes en versnel deklaagafbraak nog verder.
Meer komplekse deklaagmateriaal soos kanola-kaf en houtspaanders sal langer hou en ook swamme bo bakterieë bevorder. Vrugtebome verkies oor die algemeen grond wat deur swamme eerder as bakterieë gedomineer word. Wanneer dit kom by dekgewasse, stel Pohl voor dat produsente saad voor oes met ’n kunsmisstrooier saai en toelaat dat werkers dit intrap soos wat hulle in die boord werk.
Die dekgewassaad sal na oes gereeld klein bietjies water moet kry sodat dit kan vestig, maar die bome kan steeds relatief droog bly om hergroei te verhoed. Dekgewasse kan aan die einde van die winter beëindig word deur dit óf te sny óf met ’n krimproller plat te rol.
Dit moet egter nie fyn gesny word nie, want dan waai die materiaal weg of breek so vinnig af dat dit nie die grond gedurende die somer beskerm nie.
Opleiding van jong bome
Jongboombestuur van nektariens is in ’n derdeblad Tifanyblok bespreek. Dié nektariens is as dubbelleiers opgelei. Tifany is ’n laat nektarienkultivar wat geneig is om nuwe lote aan die punt van bestaande lote eerder as verder terug op die loot te stoot. Oudewagendrift plant in die winter.
Bome word ’n week na plant vier vingers bo die onderste draad afgeknip en aan die draad vasgemaak. Die bome sal vyf of ses nuwe lote uitstoot waarvan slegs drie gehou word. Sodra hulle ongeveer een en ’n halwe snoeiskêr lank is, word die beste twee gekies en vasgemaak, en die derde een verwyder.
“Die ding wat baie mense dan doen, en ek ook vroeër jare gedoen het, is om die mense wat die lote vasgemaak het daarna op ander plekke te gebruik,” het Wilhelm Naudé, direkteur van Oudewagendrift (Uitzicht) Boerdery, gesê. “Ons het die laaste klompie jare ’n praktyk dat daardie mense in die boord bly.”
Hulle werk is om elke tweede week die lootgroei op vier vingers af te knyp sodat lote nie te sterk word en met die leiers kompeteer nie. In die weke tussenin maak hulle die lote vas. Die span volg hierdie roetine tot einde Februarie. “As jy dit nie doen nie, raak die lote te lank, en die boom gee vir jou ’n klomp sileptiese lote wat te sterk raak, en dan boet jy leiergroei in,” het Naudé verduidelik. “Ons kry dit 90% reg dat ons bome binne een jaar aan die einde van Februariemaand by die boonste draad is.”
Somersnoei van nektariens en pruime
Hannes Laubscher, tegniese direkteur by United Exports het drie aksies bespreek wat Oudewagendrift in Tifany toepas, en wat vir meeste midseisoen perske- en nektarienkultivars sou geld. Die eerste aksie word gedoen wanneer perskes en nektariens in pitverharding ingaan.
Alle waterlote word tot vier vingers teruggesny om kompetisie te verminder en ligpenetrasie te verbeter. Die tappies sal gewoonlik twee sagter lote stoot wat potensieel in die volgende seisoen kan vrugte dra. Die tweede aksie is om die blaredak rondom twee weke voor oes oop te sny om ligpenetrasie vir beter vrugkleur te verbeter en spuitaanwendings vir veral blaaspootjies te fasiliteer. Wanneer groei teen einde Februarie of begin Maart stop, word die derde aksie uitgevoer.
“Dan doen ons ordentlike lighuishouding en spreek boomvorm aan,” het Laubscher gesê. “Ons bring ook die hoogte terug na 80% van die boomry.” Charl Stander, tegniese raadgewer by Freshness First, het somersnoei van pruime in ’n 10-jaaroue Ruby Sun-blok bespreek. “Ons twee groot vyande vir steenvrugproduksie in die Wes-Kaap is sonbrand en windskade wat uitpakke benadeel,” het hy gesê.
Hy waarsku dus teen onnodige somer-snoei wat sonbrand in laat pruimkultivars kan vererger. Indien bome geil is en somersnoei vereis, moet dit teen die eerste week van Desember klaar wees sodat daar genoeg tyd vir hergroei van lote is. Die nuwe lootgroei help om laat pruime teen son te beskerm.
Snoei vir lighuishouding en boomvorming word eers na die oes aan die einde van die seisoen gedoen. Die deskundiges wat die besprekings gelei het, het beklemtoon dat produsente hulle snoeistrategie volgens die kultivar en area moet aanpas. Daar bestaan geen resepte wat geld vir alle steenvrugte in alle areas nie.
BOX:
Bedankings Die volgende persone het die Steenvrugvelddag moontlik gemaak deur met die reëlings, voorleggings en boordstap te help.
The main goal of SATI’s Research and Technical Transfer Programme is to generate credible, impactful knowledge by funding relevant and targeted projects that align with industry needs and opportunities.
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
Cookie
Duration
Description
cookielawinfo-checkbox-analytics
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional
11 months
The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy
11 months
The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.