skip to Main Content
Safj Sa Fruit Journal Hortgro Chiltern Farms Featured
December 2023 / January 2024

Chiltern Farms

SA Fruit Journal: December 2023 / January 2024

Kan dubbelleiers op G.778 met oeslading beheer word? Deur Anna Mouton

Een van die demo-boorde in Hortgro Science se nuwe Konsepboordprogram is 'n drie-hektaarblok dubbelleier Louterwater Granny Smith op G.778 by Chiltern Farms in Vyeboom. Die boord is in 2021 teen 3.5 x 1.5 meter onder skadunette geplant.

"Ons het 32 ton gepluk in die tweede blad," vertel Emile Pretorius, algemene plaasbestuurder by Chiltern Farms, "maar ons kon by 40 of 50 gekom het – ek was te aggressief met die uitdun!"

Pretorius mik vir 60 – 65 ton per hektaar in derde blad en 80 – 100 ton per hektaar in vierde blad. "Ons het 'n soortgelyke boord wat 'n jaar ouer is waarop ons verlede jaar al 60 ton gesit het," sê hy.

Die onmiddellike toekoms van sy Louterwater Granny Smith-blok lyk blink – maar wat gaan G.778 oor die langtermyn doen?

Gewilde groeikragtige G.778

In die laaste paar jaar het G.778 geweldig opgang gemaak. Statistieke vanaf PlantSA wys dat G.778 meer as 'n kwart opmaak van die onderstamme wat geplant is om in 2023 te okuleer.

"As mens kyk na die afgehandelde industrie-onderstamproewe, lyk G.778 na 'n belowende onderstam in die groeikragtige reeks," reken Marno van der Westhuizen, Navorsings-implementeringsbestuurder by Hortgro Science.

Read More
Back To Top