Die keuse van onderstam kan miljoene rande beteken vir die kumulatiewe wins oor die leeftyd van 'n pruimboord. Deur Anna Mouton.
"Onderstamseleksie is 'n komplekse proses wat deur 'n magdom faktore beïnvloed word," het Marno van der Westhuizen, bestuurder van navorsingsimplementasie by Hortgro Science, in sy voorlegging by die onlangse Hortgro Tegniese Simposium gesê.
Baie van hierdie faktore is deur oorlede onderstamkenner dr. Piet Stassen in 'n reeks tabelle saamgevat wat in die September 2019 uitgawe van Hortgro Science se Fresh Quarterly tydskrif gepubliseer is.
Van der Westhuizen en medewerkers – Xolela Dlikilili, landbouekonoom by Hortgro; Mariette Kotzé, groepoperasionele bestuurder van Hortgro; en prof. Wiehann Steyn, algemene bestuurder van Hortgro Science – het op Stassen se resultate gesteun om die effek van onderstamkeuse op boordprofyte te ondersoek.
Daarby het Charl Stander, ervare tegniese raadgewer by Freshness First, vir Van der Westhuizen adviseer met die interpretasie en ekstrapolasie van die data.
Van der Westhuizen het gekyk na data uit Stassen se voltooide pruimonderstamproewe. Hy het die produksiedata vir die eerste vyf jaar geëkstrapoleer om langtermyn-oesskattings te maak. Bedryfsgemiddeldes is gebruik om byvoorbeeld uitpakpersentasies en pryse te bepaal.
"Hierdie is natuurlik 'n teoretiese beraming," het Van der Westhuizen gesê. "Dit is gegrond op werklike data uit die proewe, maar die resultate moet as 'n model van toekomstige syfers gesien word."
Die beramings is vir 'n Laetitia-, 'n Sunbreeze-, en twee African Delight-boorde gedoen om die finansiële implikasies van verskillende onderstamme te bepaal.
Dié African Delight-boord was op laagliggende, sanderige grond met hoë getalle ringaalwurms. Bome is 4.5 x 0.75 meter geplant en op 'n V-stelsel opgelei met individuele bome aan elke kant van die V.
Aangesien nat toestande problematies kon wees, het die boord 'n dreineringstelsel gehad en die bome is op bankies geplant.
Nege van die onderstamme op die perseel is in die model ingesluit: Atlas, Cadaman, Flordaguard, GF 677, Marianna, Maridon, SAPO 778 saailing, SAPO 778, en Viking. Daar was min verskil in die vestigingskoste van die verskillende onderstamme – die laagste was net onder R560 000 per hektaar vir Maridon en Marianna en die meerderheid ander onderstamme was rondom R600 000 per hektaar.
Marianna en Maridon het eerste gelykgebreek, in jaar nege. Alhoewel Atlas eers in jaar 10 gelykgebreek het, het al drie onderstamme teen jaar 20 dieselfde kumulatiewe wins van byna R5.5 miljoen behaal.
Van der Westhuizen reken egter dat Marianna en Maridon minder optimaal is vir hierdie perseel. "Met die hoëringaalwurmgetalle, sou aalwurmbehandeling nodig wees, en ons het dit nie in berekening gebring nie. Maar dit sou die finale wins beïnvloed."
Atlas is na sy mening 'n beter keuse omdat dit sanderige grond kan hanteer en matig tolerant vir ringaalwurm is.
Die gemengde Laetitia- en Sunbreeze-boord in Stellenbosch
African Delight in Robertson
Die tweede African Delight-boord was op kalkagtige sanderige grond, ook met hoëgetalle ringaalwurms. Bome is 5.5 x 0.75 meter geplant en op 'n V-stelsel opgelei met individuele bome aan elke kant van die V.
"Hierdie was een van die beter-presterende persele wat dr. Piet Stassen ondersoek het," het Van der Westhuizen gesê.
"Vir sommige van die onderstamme was die gemiddelde ton per hektaar rondom 50 – 60 in die eerste voldraende jare. Dit reflekteer in die kumulatiewe wins, aangesien ons gemiddeldes gebruik het om die oeste oor die leeftyd van die boord te beraam."
Soos by die vorige boord was die verskil in vestigingskoste klein. Beide GF 677 en Marianna het gelykgebreek teen jaar ses, gevolg deur Atlas, Cadaman, en SAPO 778 in jaar sewe.
Teen jaar 20 was GF 677 die voorloper met 'n kumulatiewe wins van amper R11 miljoen. Cadaman was 'n kortkop agter, en is moontlik die beter keuse vir hierdie kultivar, alvorens Van der Westhuizen. "Tegniese raadgewers het waargeneem dat African Delight sukkel om onder hierdie toestande goeie kleur te ontwikkel op GF 677."
Die swakste onderstam was SAPO 778, met 'n kumulatiewe wins van ongeveer R6.5 miljoen. Dit is te verwagte aangesien hierdie onderstam nie lief is vir kalkagtige gronde nie.
Van der Westhuizen reken hierdie perseel illustreer die belangrikheid van onderstamkeuse baie mooi. "'n Baie klein verskil in jou aanvanklike belegging kan uiteindelik lei tot 'n enorme verskil in jou inkomste. Hierdie wys net hoe groot daai verskil kan wees oor die leeftyd van 'n boord."
Laetitia in Stellenbosch
Die derde boord in Van der Westhuizen se projek was Laetitia op kleigrond met hoëgetalle ringaalwurms. Die plantafstand was 3.25 x 1.5 meter en die bome is op 'n palmetstelsel opgelei.
Vestigingskoste was soortgelyk vir die verskillende onderstamme: Atlas, Felinem, Marianna, Monegro, SAPO 778, en Viking. Viking en Felinem het eerste gelykgebreek, in jaar 11, terwyl Atlas en Marianna eers in jaar 15 gelykgebreek het.
Van der Westhuizen het uitgewys dat, aangesien hierdie perseel in Stellenbosch is, die kanse goed is dat dit ou wingerdgronde met hoëbakteriese- en swamaktiwiteit is. "Viking is patogeentolerant, kan tolerant wees vir ringaalwurm, en is geskik vir kleigronde. So dit is nie 'n verassing dat dit die beste hier presteer het nie."
Felinem het naastenby dieselfde kumulatiewe wins behaal as Viking – byna R3 miljoen.
Sunbreeze in Stellenbosch
Die Sunbreeze-bome was in afwisselende rye met Laetitia in dieselfde blok as wat hierbo bespreek is. Felinem, Flordaguard-saailing, Garnem, Marianna, SAPO 778, en Viking is ondersoek, en vestigingskoste was weereens soortgelyk vir al die onderstamme.
Flordaguard, Viking en Felinem het eerste gelykgebreek, in jaar agt, en Flordaguard het ook die hoogste wins – ongeveer R5.5 miljoen – getoon na 20 jaar. Viking was tweede met byna R5 miljoen.
In werklikheid glo Van der Westhuizen egter nie dat Flordaguard die beste sou presteer op hierdie perseel nie. "Flordaguard is nogal groeikragtig, so dit het vinnig weggetrek in daardie eerste vier na vyf jaar. Maar Flordaguard verkies 'n ligter grond, so Viking sou hom waarskynlik uiteindelik verbygesteek het."
Marianna het die swakste gevaar, moontlik as gevolg van die vatbaarheid van hierdie onderstam vir bakterieë, swamme,
en ringaalwurms.
Wat leer die modelle ons?
Van der Westhuizen het vier belangrike gevolgtrekkings uit sy finansiële modelle gemaak. "In die eerste plek het hierdie projek bevestig wat ons almal eintlik reeds weet, naamlik dat onderstamkeuse spesifiek is tot elke perseel. Elke perseel is uniek en moet ook so hanteer word."
Tweedens het hy beklemtoon dat onder-stamkeuse amper net so kardinaal as kultivarkeuse is.
Vestigingskoste was sy derde punt. "As jy dink hoe 'n klein verskil in jou belegging 'n groot verskil in inkomste kan maak, is dit duidelik dat mens nie die koste van die boom moet toelaat om te bepaal wat jou besluit oor wat om te plant is nie. Dit is iets om te oorweeg, maar dit is nie die enigste oorweging nie."
Hierdie beginsel gaan vir Van der Westhuizen hand aan hand met sy finale gevolgtrekking, dat produsente altyd die langtermyngevolge van onderstamkeuses in ag moet neem.
"Die beste bly nog steeds om hierdie vier aspekte met jou tegniese adviseur te bespreek wanneer jy die optimale onderstam vir jou spesifieke perseel kies," was sy raad aan produsente.
Main image: Die African Delight-boord in Robertson
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
Cookie
Duration
Description
cookielawinfo-checkbox-analytics
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional
11 months
The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy
11 months
The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.