December 2024 / January 2025
De Rust
Die 2022 Hortgro kernvrugvelddagboord by De Rust is nege hektaar Lady in Red op G.778 wat teen 3.5 x 1.25 meter in 2020 gevestig is. Die kumulatiewe opbrengs teen vierde blad was 206.5 ton per hektaar. “Ons mikpunt was 200 ton per hektaar teen die vyfde jaar,” sê produksiebestuurder Jacques van Dyk.