Dit is onontbeerlik om tussen verskillende tipes interne verbruining te onderskei, beklemtoon Dr Elke Crouch, naoesfisioloog in die Departement Hortologie aan die Universiteit Stellenbosch. Deur Anna Mouton
Interne verbruining is 'n naoesdefek waarin die vlees van appels bruin verkleur maar steeds ferm bly. Volgens Crouch is dit een van die belangrikste oorsake van verliese na oes.
Die twee hooftipes verbruining in Cripps Pink is diffuse verbruining en radiale verbruining. Beide kan gelyk plaasvind – dit word dan kombinasie verbruining genoem.
Diffuse verbruining gaan primêr oor plukrypheid
Diffuse verbruining is 'n probleem in vrugte wat na optimale rypheid – styselafbraak van 40% – 50% of meer – geoes is. Enige voor-oes faktore wat rypwording versnel sal die risiko van diffuse verbruining verhoog omdat dit meer waarskynlik is dat sulke vrugte na hulle optimale rypheid geoes sal word.
"As jy sien jou boord beweeg vinnig, dan is die kanse nie groot dat die vrugte van daardie boord goed gaan stoor nie," waarsku Crouch.
Voor-oesfaktore wat verband hou met 'n risiko van diffuse verbruining sluit jonger boorde en sanderige gronde in. Oeslading speel ook 'n rol deurdat groter vrugte vinniger ryp word en minder suksesvol berg.
Crouch verduidelik dat optimale plukrypheid en kleurontwikkeling soms in konflik kan wees. Beter kleur beteken hoër waarde – maar beter bergingsvermoë kan ook produsente in staat stel om teen 'n beter prys te bemark. "Mense wil graag langtermyn stoor en hulle wil rooi vrugte hê. Nie alle vrugte gaan die paal haal nie."
Diffuse verbruining kan reeds binne drie maande vanaf die begin van berging ontwikkel. Omdat vrugte wat langer aan die boom gelos word om te kleur – dikwels dié aan die binnekant van die boom – 'n hoër risiko van verbruining het, beveel Crouch aan dat sulke vrugte nie vir langer as drie maande gestoor word nie.
Radiale verbruining is 'n seisoenale probleem
Radiale verbruining blyk meer algemeen te wees wanneer vrugte tydens die selvergrotingsfase aan relatief kouer weer blootgestel is. Dit mag moontlik lei tot digter vrugte wat diffusie van koolsuurgas belemmer – hoë weefselvlakke van koolsuurgas veroorsaak verbruining deurdat dit vrugselle beskadig.
Rypheid kan gaswisseling be'nvloed maar dit blyk minder belangrik te wees in die ontwikkeling van radiale as diffuse verbruining. Nietemin, nuwe navorsing bevestig dat vrugte wat té vroeg of té laat geoes word, wel meer sensitief is vir radiale verbruining.
Uit vorige studies blyk dit asof boom-ouderdom en grondtipe nie die voorkoms van radiale verbruining affekteer nie. Die persepsie is dat radiale verbruining vroeg in berging ontwikkel en pakhuise gebruik interne sortering om bruin vrugte voor uitvoer te verwyder.
"Jy loop egter die risiko dat vrugte bruin word tydens verskeping," sê Crouch, met verwysing na navorsing wat sy saam
met Heleen Taylor van ExperiCo Agri-Research Solutions gedoen het. Die span se data het gewys dat radiale verbruining tydens verskeping en rakleeftyd kan vererger, veral in hoërisiko-seisoene en na lang bergingsperiodes.
Beste praktyke vir berging
Dit is noodsaaklik om op die regte stadium te oes. Vrugte wat reeds verby die optimale plukrypheid is, sal waarskynlik interne verbruining ontwikkel. "Die meerderheid van jou vrugte sal dus voor ses maande verkoop moet word," sê Crouch. "Indien jy die risiko wil neem om vrugte te stoor, watter vrugte moet jy hiervoor kies?" Sy raai produsente aan om styselafbraak te meet en daarvolgens te besluit.
Onlangse navorsing het weereens bevestig dat trapsgewyse verkoeling die voorkoms van diffuse verbruining verminder. Navorsing het ook gewys dat trapsgewyse verkoeling noodsaaklik is vir die beheer van radiale verbruining.
Crouch vermoed dat nuwer kultivars meer sensitief mag wees vir koueskade. "Al die nuwe protokolle het baie lang trapsgewyse verkoeling," sê sy. "Nie soos die kits geforseerde verkoeling wat ons in die verlede gehad het nie."
Alhoewel daar nog baie te leer is oor interne verbruining in Cripps Pink, verstaan ons dié kultivar baie beter as ander kultivars, reken Crouch. "Ons weet dat as jy die vrugte té ryp oes en teen té lae temperature stoor, gaan jy diffuse verbruining kry. Ons weet dat ons in sekere seisoene radiale verbruining kry, en in sommige seisoene nie, dat die risiko oor die algemeen hoër is in koeler seisoene, en dat oesrypheid ook rol speel."
Verbruining in ander kultivars is nie altyd so eenvoudig nie. "In ander kultivars, soos byvoorbeeld Fuji, probeer ons nog al die patrone van verbruining ontsyfer," sê Crouch. "Ons het navorsing nodig sodat mens 'n stoorresep kan maak vir elke soort vrug en elke tipe verbruining."
“Ons doel is die konsekwente produksie van vrugte wat die beste pryse sal behaal,” het Craig Hornblow gesê. Hy is ’n stigterslid van AgFirst en het byna 40 jaar se ervaring in hortologie met ’n spesifieke belangstelling in hoëdigtheidappelboorde. Die uitdaging is dat vrugkwaliteit en opbrengste beide binne ’n blok en binne individuele bome varieer.
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
Cookie
Duration
Description
cookielawinfo-checkbox-analytics
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional
11 months
The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy
11 months
The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.