Evelyn en Janco Jacobs se August Red-blok is deur die landbou-ekonomiese maatskappy FruData as een van die uitblinker nektarien-boorde geïdentifiseer.
Deur Anna Mouton
“Ek dink nie ek het steenvrugte noodwendig gekies nie,” sê Janco Jacobs. “Steenvrugte het my gekies toe ons die plaas gekoop het.” Jacobs het Excelsior in 2001 twee weke voor sy huwelik met Evelyn aangeskaf.
Evelyn en Janco het as nagraadse studente in die Departement Hortologie aan Universiteit Stellenbosch ontmoet. Sy het aanvanklik by Colors Fruit en hy by Two-a-Day gewerk, maar hulle was beide by kern- eerder as steenvrugte betrokke.
Sedert hulle Excelsior saam met Janco se pa gekoop het, het hulle oor die jare nog twee plase bekom en Excelsior Vrugte produseer tans steenvrugte, pere en sitrus. Die Jacobse se toppresterende 1.5-hektaar August Red-blok is op Kloofplaas, wat hul in 2006 begin ontwikkel het.
Die dubbelleier August Reds is op Kakamas-saailing teen 4.5 x 2.0 meter in 2012 gevestig. Die boord produseer die afgelope vyf seisoene jaarliks gemiddeld 16 000 uitvoerkartonne per hektaar.
Jacobs onthou dat hy bietjie senuweeagtig was toe hy die August Red-blok – sy eerste laatnektarien-aanplanting – gevestig het. “Ek het altyd gedink August Red het ’n hoë koue-behoefte,” sê hy. “Nou plant ek hom hier teen ’n noordelike hang.”
Excelsior Vrugte se Kloofplaas is ongeveer 10 km buite Villiersdorp geleë. Hulle kry tipies 400–450 Infruitec koue-eenhede per jaar en spuit nie rusbreek nie. “Ek dink ons is warmer as Villiersdorp, maar ons kry in die middag ’n suidwes-tewindjie wat ons afkoel,” sê Jacobs. “Ons noem dit sommer die Bossieveld-aircon.” Ten spyte van die Bossieveld-aircon bereik boordtemperature soms 40 °C. Daarsonder klim temperature so hoog soos 42 °C. Maar die windjie skop gewoonlik smiddae rondom 16h00 in en nagte is relatief koel.
Die helling van die boord help met dreinering op die vlakkerige skaliegronde. Die boord het nie bankies nie, maar Jacobs reken hy sou die grond operd as hy weer moes plant. Hy sou ook die huidige mikrospuite met drupbesproeiing vervang.
“Ek neig om alles nou met drup te plant, behalwe waar die grond te klipperig is,” sê hy. “Ek dink nie ek sou 45 hektaar vrugte kon boer as ek net mikros gehad het nie. Maar ek dink mikros vergewe jou baie. So as ek onbeperkte water gehad het, sou ek waarskynlik met mikros geboer het.”
Hy vind wel dat onkruidbeheer makliker in drupbesproeide boorde is, veral aangesien hy nie skoon bankies wil hê waar alles doodgespuit word en daar dus minder grondlewe is nie. Hy gee ook al die kunsmis deur die druppers – voeding is kritiek vir die August Reds se volgehoue sukses.
“Ons moet hulle baie kos gee om goeie lootgroei te kry, want hoë tonne rem bome,” sê Jacobs. “Hierdie is een van my blokke wat seker die meeste kos vat.” Die bome het byvoorbeeld hierdie seisoen 250 kg stikstof en 190 kg kalium gekry.
Die afgelope seisoen se August Red-oesJanco Jacobs (links) en Marno van der Westhuizen
’n Wonderlike kultivar
Vruggrootte is die primêre drywer van uitvoerkartonne per hektaar en dus winsgewendheid. Laat nektariens soos August Red het die voordeel van ’n lang groeiseisoen om vruggrootte te ontwikkel. “Hy sukkel nie met vruggrootte nie – hy gee dit vir jou,” sê Jacobs. “Hy’s net ’n wonderlike kultivar.”
Na warmer winters sal daar heelwat klein vruggies set wat nooit ten volle ontwikkel nie. Jacobs verwyder hierdie vruggies met uitdun. Verder mik uitdunning daarop om die vrugte te spasieer sodat hulle nie teen mekaar druk nie.
“Ons dun die minimum uit,” sê Jacobs. “Hy kan die tonne vat so jy wil nie vrugte afgooi nie.”
Die bome word normaalweg in die winter gesnoei om hulle dieselfde grootte te hou en enige onnodige draposisies te verwyder.
Somersnoei is hoofsaaklik gemik op lig-huishouding. “Ons moet seker bietjie vroeër kom, maar ek doen dit gewoonlik net so voor oes om te kyk of ek so bietjie ekstra kleur kan kry,” sê Jacobs. “Dit is nog warm daai tyd so mens is maar versigtig vir sonbrand.”
August Red is nie baie groeikragtig nie en die oes strem die groei. Somersnoei behels daarom slegs ligte snoei aan die onderkant van die bome. Die boord is nie onder nette nie – windmerke eerder as sonbrand is die hoofdefek.
Jacobs meen wind vroeg in die seisoen rig meeste van die skade aan. “Ons het vanjaar net na blom ’n baie windstil periode gehad en orals seker 5–10% beter uitpakke gehad,” sê hy. Op hierdie stadium het hy egter ander boorde, soos byvoorbeeld sitrus, waar nette meer waarde sou toevoeg as op die August Red-blok.
Die geheim lê in pak
Die volgehoue hoë uitvoerkartonne per hektaar lewer ongetwyfeld ’n betekenisvolle bydrae tot die August Reds se sukses. Jacobs reken egter dis nie die enigste rede waarom die boord so goed vertoon in FruData se opname nie.
“Vir my lê die geheim in self pak,” sê hy. “Want ons pluk en pak hom vandag. Dit wat ons nie vandag klaar pak nie maak ons môreoggend klaar. My vrugte gaan staan nie in ’n ry by ’n pakstoor nie.”
Dit is waarom Excelsior Vrugte deurlopend in pakkapasiteit belê het, insluitende die aankoop van ’n gespesialiseerde paklyn en die onlangse oprigting van ’n tweede pakstoor. Hy beklemtoon dat ’n steenvrugpakstoor nie uitermatig duur of kompleks hoef te wees nie, maar dis noodsaaklik dat die pakkapasiteit voldoende is vir die plaas. “Ek kan nie nog twee hektaar August Red plant nie, want dan gaan ek begin swakker doen,” sê Jacobs. “Ek gaan begin oorryp vrugte kry en dit gaan bots met die African Delight wat ek net daarna pluk.”
Benewens kultivarbeplanning rondom oes en naoeshantering reken Jacobs ’n mens moet ook kyk wat werk in jou area en nie skaam wees om raad te vra nie. Terselfdertyd waarsku hy teen agter die nuutste kultivars aanhardloop. Kultivarseleksie moet deel vorm van ’n langtermynplan sodat die hele jaar se moeite en kostes nie met swak hantering rondom oes omver gegooi word nie.
“Ek sê altyd vir my mense, ek is nie die baas nie. Die vrugte is baas, want hulle betaal vir alles,” sê Jacobs. “Ek is maar net ’n bestuurder van hierdie wonderwerk wat ons uiteindelik uit vrugte kan lewer.”
This year, the regional CRI Postharvest Workshops had a packed venue at each of the six locations visited across the country during January and February. A total of 1 200 delegates attended, representing a wide range of sectors within the citrus industry, from packhouse managers and staff to exporters and agrochemical representatives.
Notably, there’s a rise in attendance by the young demographic. This and the overall upward growth trajectory of the citrus industry of Southern Africa make for a promising future.
Orchard sanitation must continue diligently during the harvesting period. All fruit that remains on trees after harvest must be removed and destroyed two weeks after completion of harvesting, at most. This is because false codling moth (FCM) activity does not cease during winter, and any remaining fruit could serve to facilitate this activity.
Plus, this winter fruit creates a reservoir of inoculum of FCM for the following spring. Conversely, removal of all fruit after harvest could dramatically reduce FCM levels in the following season. Fruit fly numbers can also build up on unharvested fruit.
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
Cookie
Duration
Description
cookielawinfo-checkbox-analytics
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional
11 months
The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy
11 months
The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.