Alexander Gibson gesels oor die visie en die werklikheid van sy 'Fuji Royal'-boord op M.9 T337. Deur Anna Mouton
Die Hortgro Konsepboordprogram het onlangs afgeskop en een van die demonstrasie-boorde is Alexander Gibson se vyf-hektaar blok 'Fuji Royal' op M.9 T337 by Doornkraal in die Witzenbergvallei. Gibson het die eerste oes van 15 ton in 2023 – tweede blad – afgehaal.
Die bome is in 2021 teen 3.0 x 1.0 meter geplant. Hulle was 1.8 – 2.0 meter hoog toe Gibson hulle gekry het. Doornkraal koop al hulle bome by Cape Sweet Nursery en Gibson glo dat weefselkultuurbome in sakkies die beste wegspringplek vir sy boorde is.
"As jy die sakkiebome se wortels met tradisionele bome vergelyk dan moet die groter volume wortels van die sakkieboom mos uitstekend wees vir die bogrondse deel van die boom," sê hy. "Al begin jy met 'n 1.5-meter [sakkie] boom gaan hy 'n 1.8-meter [oopwortel] boom verbysteek."
Besproeiing van sakkiebome na vestiging is wel 'n uitdaging. Die medium waarin die sakkiebome groei neem nie maklik water op nadat die boom in die boord geplant is nie. Sommige produsente het al jong sakkiebome verloor omdat die wortelmassa ten spyte van omliggende nat grond, uitgedroog het.
"In sy eerste jaar gee jy amper dubbel die hoeveelheid water as in die tweede jaar," sê Gibson, "totdat die wortels uit daardie medium uitgroei. Teen die tweede seisoen besproei jy normaal."
Vestiging was nie in die geval van hierdie 'Fuji Royals' 'n probleem nie – die bome was binne die eerste ses maande by die boonste draad.
Gibson is sedert 'n Europese besoek in 2016 'n voorstander van hoë-digtheid aanplantings op dwergende onderstamme. "Die Europese-styl aanplantings wat by ons staan is almal massiewe suksesse," sê hy. "Dit is vir my doodlogies hoe jy moet plant. Ek sê nie jy moet M.9 plant nie, maar ek sê jy moet dwergend plant."
Een voorbeeld hiervan is Gibson se "Bigbucks"- en 'Rosy Glow'-boorde op M.9 wat in tweede blad 28 ton en in derde blad 70 ton gedra het. "Maar dis teen 3.5 x 1.25 meter," voeg hy by. "Dis te wyd. Die boom kry nie vinnig genoeg sy spasie volgemaak nie."
Hy sou graag wou gehad het dat sy 'Fuji Royals' dieselfde moes doen. Maar selfs op M.9 werk 'Fuji' nie altyd saam nie. Gibson het verwag dat die dwergende onderstam die groei sou stuit maar die bome is inteendeel te geil onder die nette – hy reken dit bewys dat vrese oor die plaaslike aanpasbaarheid van dwergende onderstamme oordrewe is.
"Moenie vir my sê M.9 werk nie in Suid-Afrika nie," sê Gibson. "Kyk hoe groei hulle hier – hulle lyk asof hulle in Italië geplant is."
Hy hoop dat sy 'Fuji Royals' binnekort gaan kalmeer omdat hy mik vir 'n meer arbeidsdoeltreffende boord. Na sy mening skep té hoë-digtheid van té groeikragtige onderstamme onnodige en onekonomiese werk om die bome te manipuleer. Hy wil eerder hê dat sy bome se takke deur vrugte as deur toutjies afgetrek word.
Gibson wys daarop dat nuwer Europese boordontwerpe soos die Guyot-opleistelsel op meganisasie gemik is. Sy volgende projek is om met dubbelleierbome te eksperimenteer. Uiteindelik wil hy gereed wees vir nuwe tegnologie wanneer dit eendag beskikbaar is.
"As daar oor 20 jaar 'n robot kom wat ordentlik kan oes dan kan ek daai robot in boorde sit wat ek 20 jaar terug geplant het," sê hy. "Hulle sal reg wees om met 'n robot geoes te word."
Vir Gibson is beter vrugkwaliteit 'n groot voordeel van hoë-digtheid aanplantings op M.9. Doornkraal verkoel en verpak hulle eie vrugte, so Gibson verstaan die impak van vrugkwaliteit op winsgewendheid. Hy kan met M.9 meer bome per hektaar en minder vrugte per boom hê wat beteken dat individuele vrugte beter ligblootstelling geniet en minder kompetisie ervaar.
"Meeste Suid-Afrikaners se redenasie is nog steeds dat tonne koning is," sê Gibson. "Ek jaag nie meer die 110 – 130 ton nie. Ek jaag 90 ton met 'n 80% uitvoeruitpak, want dis waar die geld is."
Noodsaaklike nette
Nog 'n insig uit sy 2016 Europese besoek was die noodsaaklikheid van nette. "Ek was Augustus 2016 daar en November 2016 het ek my eerste haelnetstruktuur bestel," onthou Gibson. Tans het Doornkraal ongeveer 130 hektaar appels onder nette.
Gibson voer sy volledige netstruktuur – insluitende betonpale – uit Europa in. Die betonpale self is goedkoper as houtpale maar werk as gevolg van hoë vervoerkoste duurder uit. Hulle kan egter meer as een keer gebruik word. Die koppenentpale het plate onderaan wat keer dat hulle sink en word sonder addisionele beton geplant.
"Een rede hoekom ek mal is oor dié stelsel is dat daar geen beton in die boorde gemeng word nie," sê Gibson. "Daar's geen krammetjies in die boorde wat jy vir die opleidrade in houtpale inkap nie."
Al die nette word net na oes opgerol omdat Doornkraal sneeu kry. Die nette hou ook langer indien hulle gedurende die winter opgerol is. Nette word weer in die lente oor die boorde ontplooi sodra die bye klaar gewerk het.
Die hooffunksie van nette by Doornkraal is om die vrugte teen ysreën te beskerm. "Ons kry verskriklik baie vroeë ysreën in September – Oktober," sê Gibson. "Dit maak dat die vrugte nie uitvoerbaar is nie. En dan in jare soos 2013 en verlede seisoen kan ons 90% van die oes met hael verloor."
Gibson vind ook dat voorkoming van sonbrand 'n groot voordeel van die nette is. "Die sonbrand raak nie heeltemal weg nie, maar jy wen 'n klas of uitpakgraad," sê hy. Hy beskou nette dus as 'n onmisbare deel van sy M.9-boorde.
Boordbestuur
Die 'Fuji Royal'-blok staan op redelike goeie gronde en bankies was nie nodig nie. Elders op Doornkraal is bome wel op bankies. Dit kan kopsere skep wanneer daar na baie hoë digthede gemik word omdat die werksry te nou word.
Doornkraal het 'n gematigde klimaat met goeie reëns en Gibson hoef eers rondom Desember te begin besproei. Tans is als kort-radius mikrobesproeiing.
Al die bankies het 'n houtspaander-deklaag wat in die tweede jaar na plant aangebring word. Dit help om onkruid te onderdruk en verbeter mettertyd die koolstofinhoud van die grond. Vorentoe kyk Gibson na kompos om grondvrugbaarheid op te bou en appelbloedluis te bekamp.
Wintergroeiende meerjarige grasse word in die werksrye gevestig. Onderhoud in die somer is as gevolg van stadige groei minimaal terwyl sterker wintergroei help om oortollige reënwater op te gebruik.
Die uitstekende koue in die Witzenbergvallei maak rusbreekmiddels meestal onnodig en breke is nie 'n probleem nie. Maar Gibson is bekommerd oor die geil groei van sy 'Fuji Royals'. "Ons is nou weer terug by takke afbind met toutjies," sê hy, "omdat die bome hopeloos te vinnig en te sterk groei vir die hoeveelheid appels wat hier is."
Hy sal nie die bome gedurende winter snoei nie, omdat hy definitief nie nog meer groei wil stimuleer nie. Afhangende van hoe die bome blom, sal takke in die lente verwyder word. Groeireguleerders is ook 'n opsie.
"My 'M.9 Bigbucks', 'Lady in Red', en 'Sundowners' was eenvoudig," sê Gibson. "Ek dink 'Fuji' bly maar die uitdagendste outjie in die bedryf."
Alhoewel hy gehoop het dat sy 'Fuji Royals' meer inskiklik sou wees, is Gibson nie ontevrede nie. "Ons het nog steeds 15 ton in die tweede blad geoes. Geen ander 'Fuji'-boorde doen dit nie," sê hy. "Op hierdie stadium is ek gelukkig – afhangende van wat volgende seisoen gaan gebeur."
Featured Image: Doornkraal gebruik ingevoerde netstrukture met betonpale / Alexander Gibson in sy ‘Fuji Royal’-boord op Doornkraal
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
Cookie
Duration
Description
cookielawinfo-checkbox-analytics
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional
11 months
The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy
11 months
The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.